Tuesday, June 3, 2014

Monday, June 2, 2014

Kyk net hoe trots is dié Ouma grooitjies

Groot is dié blydskap. Ouma grooitjies is baie in hulle nappies met hom.

Ek speel met my nuwe lorrie

Nooit te klein vir groot speelgoed nie.

Toe ek nog oppad was

Toe ek gebore is

Groot was almal sê blydskap die dag toe Jesus hom vir ons gebring het. Almal het baie trots om hom saamgekom,  ons pragtige geskenk van bo.

Adriaan Fotos

Ons kleinseun

“Ek wil die Here loof. Met alles in my wil ek die Here se grootheid prys.” (Ps. 103:1) Dit is mos sommer ’n natuurlike ingesteldheid by ons om die Here te wil dank en prys vir alles wat Hy vir ons gee, vir alles wat so mooi uitwerk in ons lewens, vir al die geskenke wat ons so mildelik uit Sy hand ontvang. Wanneer dinge egter nie so voorspoedig loop nie en ons steeds in finansiële moeilikheid is, of nog steeds siek bly, steeds nie ’n werk kry nie, steeds in ’n donker tonnel inkyk, steeds hierdie berge uitdagings voor ons sien,  steeds geen voelbare seën beleef nie, dan moet ons met ’n bo-natuurlike ingesteldheid uitbars in lofprysing. So ’n lofprysing is ’n teken van geloofsvertroue, van ’n sekere wete dat God wel sal voorsien, dat daar wel ’n uitkoms sal wees, dat Hy wel in beheer is. Dan kan ons soos Habakuk sing: “... nogtans sal ek in my Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.” (Hab. 3:18) Dankie Here vir Adriaan.